Xenofobie in Suid-Afrika

Voor 1994 is immigrante onderwerp aan diskriminasie en selfs geweld in Suid-Afrika. Na die oorgang na 'n meerderheidsregering in 1994 het die voorkoms van xenofobie (ook genoem vreemdelingehaat) teen die verwagtinge in selfs toegeneem.[1] Tussen 2000 en Maart 2008 het 67 mense in xenofobiese aanvalle gesterf. In Mei 2008 is 62 mense in aanvalle dood, hoewel 21 van diegene wat dood is, Suid-Afrikaanse burgers was. Die aanvalle was blykbaar weens xenofobie.[2] In 2015 het nog 'n landwye oplewing in xenofobiese aanvalle daartoe gelei dat 'n aantal buitelandse regerings begin het om hul burgers te repatrieer.

  1. From 'Foreign Natives' to 'Native Foreigners': Explaining Xenophobia in Post-Apartheid South Africa, Michael Neocosmos, CODESRIA, Dakar, 2010
  2. See L.B. Landau (ed), 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search